Spring na inhoud

17 JULIE 2013
KANADA

Swaar reënval veroorsaak oorstromings in Alberta

Swaar reënval veroorsaak oorstromings in Alberta

Hewige reënstorms, wat op 19 Junie 2013 begin het, het ernstige oorstromings in die Kanadese provinsie Alberta veroorsaak. Ten minste vier mense is weens die oorstromings dood, en meer as 100 000 mense moes hulle huise verlaat. Altesaam 298 Getuies van Jehovah moes aanvanklik die gebied verlaat, en ’n byeenkoms van die Getuies wat in die Saddledome, ’n groot stadion in Calgary, Alberta, gehou sou word, moes uitgestel word. In die dorp High River is 58 huise van Getuies beskadig en het die Koninkryksaal groot skade opgedoen. ’n Noodlenigingskomitee van plaaslike Getuie- ouer manne het hulp verleen, en ’n verteenwoordiger van die takkantoor in Kanada het na die rampgebied gereis om geestelike vertroosting aan die slagoffers te bied.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Kanada: Mark Ruge, tel. +1 905 873 4100

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000