Spring na inhoud

25 JULIE 2017
KANADA

Getuies kamp op byeenkomsgronde ná brande Brits-Columbië verwoes

Getuies kamp op byeenkomsgronde ná brande Brits-Columbië verwoes

Meer as 130 gesinne van Jehovah se Getuies kon nie na hulle huise toe terugkeer nadat hulle die jaarlikse streekbyeenkoms op 7-9 Julie 2017 bygewoon het nie. Die owerheid het die gebied suid van Prince George, Brits-Columbië, ontruim as gevolg van verwoestende brande.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Kanada, wat in die provinsie Ontario geleë is, het ’n noodlenigings-komitee georganiseer om kos en behuising vir Getuies te gee wat deur die ramp geraak is. Beamptes van die CN-sentrum waar 2 500 Getuies vir die byeenkoms bymekaargekom het, het toegelaat dat die Getuies hulle karavane en sleepwaens op die gronde parkeer om as tydelike verblyf gebruik te word.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer noodlenigings-pogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Kanada: Matthieu Rozon, +1-905-873-4100