Spring na inhoud

Kazakstan

 

Jehovah se Getuies in Kazakstan

  • Jehovah se Getuies​—17 287

  • Gemeentes​—229

  • Bywoningsyfer by die jaarlikse Herdenking van Christus se dood​—31 006

  • Verhouding van Jehovah se Getuies tot die bevolking​—1 tot 1 164

  • Bevolking​—19 899 000

  • Getuies in die tronk weens hulle geloof​—0

2018-06-27

KAZAKSTAN

441 dae in die tronk — ’n Onderhoud met Teymur en Mafiza Akhmedov

Teymur Akhmedov praat oor wat hy deurgemaak het in die tronk in Kazakstan. Hy het geweier om teen sy gewete te gaan en het lojaal aan Jehovah gebly.

2018-05-02

KAZAKSTAN

Teymur Akhmedov deur die president vrygespreek

Kazakstan se president Nursultan Nazarbayev spreek Teymur Akhmedov vry, wat meer as ’n jaar lank in die tronk was omdat hy met ander oor sy geloofsoortuigings gepraat het. Sy kriminele rekord is verwyder.

2017-10-18

KAZAKSTAN

Kazakstan skuldig bevind aan arbitrêre opsluiting in die saak teen Teymur Akhmedov

Die VN se Werkende Groep vir Arbitrêre Opsluiting het Kazakstan skuldig bevind omdat hulle mnr. Akhmedov onregverdig gearresteer en vervolg het, net omdat hy vreedsaam met ander oor sy godsdiensoortuigings gepraat het.

2017-07-28

KAZAKSTAN

Kazakstan stop bedrywighede van Getuies se takkantoor

’n Hof in Almaty, Kazakstan, het alle bedrywighede van die Christensentrum van Jehovah se Getuies in Kazakstan stopgesit vir ’n typerk van drie maande.

2017-05-25

KAZAKSTAN

Kazakstan gooi siek Getuie van Jehovah in die tronk en verbied sy aanbidding

Teymur Akhmedov, ’n getroude man en pa van drie seuns, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis omdat hy sy vreedsame Bybelonderrigtingswerk gedoen het.

2017-05-17

KAZAKSTAN

Kazakstan ignoreer godsdiensvryheid en vonnis Teymur Akhmedov

Mnr. Akhmedov is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis deur ’n hof in Astana. Kazakstan hou aan om vreedsame godsdiensbedrywighede te onderdruk.