26 JANUARIE 2017
KAZAKSTAN
’n Getuieman in Kazakstan valslik aangekla en opgesluit nadat hy doelbewus bedrieg is
Op 18 Januarie 2017 is Teymur Akhmedov deur Kazakstan se nasionale veiligheidskomitee in hegtenis geneem en opgesluit omdat hy met ander oor sy godsdiensoortuigings gepraat het. Tussen Mei en Junie 2016 het sewe mans, wat beweer het dat hulle in die godsdiensoortuigings van Jehovah se Getuies belangstel, Teymur na ‘n gehuurde woonstel genooi. Later daardie jaar het hulle ook by Teymur se huis bymekaargekom. Maar wat Teymur nie geweet het nie, was dat hierdie sewe “Bybelstudente” sy gesprekke met hulle skelm opgeneem het.
Na aanleiding van hierdie vreedsame besprekings is Teymur aangekla van “aanhitsing tot godsdiensverdeeldheid” en “dat hy verkondig dat sy godsdiens beter as ander godsdienste is”. Teymur word 60 dae lank aangehou terwyl hy op sy verhoor wag. As hy skuldig bevind word kan hy tronkstraf van tussen 5 en 10 jaar opgelê word.
Teymur, wat 60 jaar oud is, is getroud en is ernstig siek. Sy prokureurs verwag dat die appèl teen die verhoorafwagtende aanhouding gedurende die week van 23 Januarie 2017 verhoor sal word.