Spring na inhoud

9 FEBRUARIE 2017
KAZAKSTAN

Hof in Kazakstan beslis dat ’n Getuieman in verhoorafwagtende aanhouding moet bly

Hof in Kazakstan beslis dat ’n Getuieman in verhoorafwagtende aanhouding moet bly

Op 30 Januarie 2017 het die stadshof in Astana die aansoek afgekeur vir die vrylating van Teymur Akhmedov. Hy word aangehou terwyl hy wag om verhoor te word. Hy is op 18 Januarie in hegtenis geneem omdat hy met ’n groep mans gepraat het wat beweer het dat hulle in die godsdiensoortuigings van Jehovah se Getuies belangstel. Teymur is aangekla van “aanhitsing tot godsdiensverdeeldheid” en “dat hy verkondig dat sy godsdiens beter as ander godsdienste is”. Die hof het geen bewyse voorgelê wat bevestig dat Teymur in aanhouding moet bly nie.

Die beslissing is finaal en kan nie geappelleer word nie. Teymur moet in aanhouding bly totdat die kriminele ondersoek voltooi is. As hy aangekla en skuldig bevind word, kan hy tronkstraf van vyf tot tien jaar ontvang.