Spring na inhoud

21 DESEMBER 2017
KAZAKSTAN

Kazakstan se Hooggeregshof verwerp Teymur Akhmedov se appèl

Kazakstan se Hooggeregshof verwerp Teymur Akhmedov se appèl

Op 4 Desember 2017 het Kazakstan se Hooggeregshof Teymur Akhmedov se appèl verwerp. Hy is onregverdig gevonnis omdat hy aan beweerde onwettige godsdiensbedrywighede deelgeneem het. Maar in werklikheid het hy net met ander oor sy persoonlike godsdiensoortuigings gepraat. Mnr. Akhmedov is nog steeds in aanhouding sedert 18 Januarie 2017 toe hy in hegtenis geneem is. Die geheime polisie het hom mislei sodat hulle hom van ’n misdaad kon beskuldig. In Mei is hy deur die streekhof skuldig bevind en gevonnis tot vyf jaar tronkstraf. Op 20 Junie 2017 het die appèlhof hierdie beslissing bevestig.

Die VN se Werkende Groep vir Arbitrêre Opsluiting het Kazakstan daaraan skuldig bevind dat hulle mnr. Akhmedov onregverdig aanhou en sy godsdiensvryheid skend. Maar die hooggeregshof het hierdie beslissing geïgnoreer toe hulle mnr. Akhmedov se appèlverhoor oorweeg het. Ten spyte van swak gesondheid is mnr. Akhmedov se geloof nog sterk en vertrou hy ten volle op God. Mnr. Akhmedov is dankbaar vir al die harde werk wat gedoen word sodat hy vroeër vrygelaat kan word, al is dit tot nou toe nie suksesvol nie. Hy is ook dankbaar dat al sy mede-gelowiges regoor die wêreld aanhou om te bid dat hy vrygelaat word.