Spring na inhoud

27 JANUARIE 2015
KAZAKSTAN

Vrystelling van Getuies se nuwe Bybel in Kazaks

Vrystelling van Getuies se nuwe Bybel in Kazaks

Gerrit Lösch van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies stel die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Kazaks vry.

ALMATY, Kazakstan—Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif is in Kazaks vrygestel by ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies wat van 26-28 September 2014 gehou is. Al 3 721 in die gehoor kon ’n eksemplaar van die nuwe Bybel kry.

Dr. Alexander Garkavets, ’n deskundige op die gebied van Turkiese filologie, het van die Nuwe Wêreld-vertaling in Kazaks gesê: “Al is daar net beperkte middele beskikbaar vir die vertaling van heilige geskrifte in Kazaks, het die Getuievertalers hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Dit is baie prysenswaardig dat hulle nuwe maniere gebruik het om die gedagtes van die bronteks in Kazaks weer te gee. Die Nuwe Wêreld-vertaling gebruik moderne taal en kan dus maklik deur almal verstaan word.”

Ope dag: Die Getuies het ’n tradisionele joert (nomadiese woning) opgerig, waar verversings bedien is.

Die week ná die streekbyeenkoms het die takkantoor van Jehovah se Getuies in Kazakstan op 3 Oktober ’n ope dag gehou, waar die nuwe Bybel in Kazaks te sien was. Die nuusagentskap Radio Azattyq in Kazakstan het oor die geleentheid gesê: “Die sentrum is besoek deur die amptenare van die Akimat (die streekadministrasie van die staat) van die stad Almaty, onder leiding van die hoof van die Departement van Godsdienssake, mnr. Nurzhan Zhaparkul, asook deur verteenwoordigers van die buitelandse diplomatieke sendings, deskundiges op die gebied van godsdienswetenskap en ander.” Mnr. Zhaparkul het gesê: “Jehovah se Getuies het ons hartlik verwelkom by hierdie geleentheid in hulle sentrum in Almaty. Dit is ’n baie prysenswaardige inisiatief en help ons grootliks met ons werk.”

Nurzhan Zhaparkul (middel), hoof van die Departement van Godsdienssake, en ander amptenare van die Komitee van Godsdienssake word tydens die ope dag op ’n toer geneem deur die takkantoor van Jehovah se Getuies.

Uitnodigings na die ope dag is in Almaty versprei.

’n Woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Kazakstan, Polat Bekzhan, sê: “Ons is baie bly oor die reaksie op vanjaar se streekbyeenkoms en die goeie ontvangs van die Bybel in Kazaks deur die toenemende Kazakssprekende gemeenskap. Ons het ook ons doelwit met die ope dag bereik, naamlik om staatsamptenare, die media en ons bure ’n geleentheid te gee om Jehovah se Getuies beter te leer ken.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Kazakstan: Polat Bekzhan, tel. +7 727 232 36 62

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000