Spring na inhoud

Dusit-hotelkompleks in Nairobi, Kenia, waar die aanval plaasgevind het.

25 JANUARIE 2019
KENIA

Aanval op hotelkompleks in Kenia

Aanval op hotelkompleks in Kenia

Op 15 Januarie 2019 het ten minste 21 mense gesterf in ’n aanval op ’n hotel- en kantoorkompleks in Nairobi, Kenia.

Volgens die takkantoor in Kenia het geen verkondigers in die aanval gesterf nie. Die aanval het sowat sewe kilometer van die takkantoor af gebeur. Meer as tien broers en susters werk in die Dusit-kompleks waar die aanval plaasgevind het. Sewe van ons broers en susters was nie by die werk toe die aanval plaasgevind het nie, en die res is na veiligheid geneem. Onder hulle was ’n broer en ’n suster wat tydens die aanval 12 ure lank weggekruip het.

Plaaslike ouer manne en kringopsieners gee aanmoediging en hulp uit die Bybel aan die verkondigers wat deur hierdie aanval geraak is. Ons bid dat Jehovah voortgaan om ons broers te vertroos deur hierdie moeilike tyd. – 2 Korintiërs 1:3, 4