Spring na inhoud

14 OKTOBER 2013
KENIA

Aanval op winkelsentrum in Kenia

Aanval op winkelsentrum in Kenia

Op Saterdag 21 September 2013 het gewapende mans ’n winkelsentrum in Nairobi, Kenia, aangeval en ten minste 67 mense doodgeskiet en minstens 175 beseer. Die takkantoor van Jehovah se Getuies berig dat ’n aantal Getuies tydens die aanval in die winkelsentrum was, maar dat hulle ongedeerd weggekom het. Josphat Makori, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Kenia, sê: “Hierdie aanval het almal in ons gemeenskap bedroef. Ons spreek ons simpatie uit teenoor diegene wat ná hierdie tragedie treur. Ons span ons in om ons bure gedurende hierdie moeilike tyd van geestelike vertroosting en praktiese hulp te voorsien.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Kenia: Josphat Makori, tel +254 20 387 3211

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000