8 JANUARIE 2021
KROASIË
Sterk aardbewing tref Kroasië
Plek
Naby die dorpie Petrinja, 50 kilometer suid van Zagreb, Kroasië
Ramp
Op 29 Desember 2020 was daar ’n aardbewing van 6,4 in Kroasië. Dit word beskou as die grootste aardbewing wat nog ooit in Kroasië aangeteken is
Hoe ons broers en susters geraak is
Geen van die 91 verkondigers in die gebied is beseer nie
29 verkondigers moes hulle huis verlaat
Skade aan eiendom
9 huise is erg beskadig
16 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Die Koninkryksaal in Sisak is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Die takkantoor in Kroasië het ’n Noodlenigingskomitee aangestel. Die komitee werk saam met twee kringopsieners en die plaaslike ouermanne om diegene wat geraak is, te help. Hulle reël vertroostende besoeke en voorsien noodlenigingsvoorrade. Hulle help ook diegene wat hulle huis moes verlaat, om blyplek te kry. Almal is gehoorsaam aan die COVID-19-veiligheidsmaatreëls
Ons bid dat Jehovah aanhou om ons broers en susters die krag te gee wat hulle nodig het in hierdie moeilike tyd. – 1 Petrus 5:10.