Spring na inhoud

6 FEBRUARIE 2024
KUBA

Bybelboeke Matteus en Markus in Kubaanse Gebaretaal vrygestel

Bybelboeke Matteus en Markus in Kubaanse Gebaretaal vrygestel

Op 20 Januarie 2024 is die Bybelboeke Matteus en Markus in Kubaanse Gebaretaal tydens ’n spesiale program vrygestel. Dit is by die Guanabacoa-Byeenkomssaal in Havana, Kuba, gehou. Die vrystelling was onmiddellik beskikbaar om op jw.org afgelaai te word.

Ongeveer 53 000 dowe mense bly regoor Kuba. Vanaf die vroeë 1990’s is daar ’n spesiale poging aangewend om die dowe mense in Kuba met die goeie nuus te bereik. In 2011 is die eerste Bybelpublikasies in Kubaanse Gebaretaal vrygestel. Vandag dien 756 broers en susters in 28 gebaretaalgemeentes en 10 groepe regoor die land.

’n Suster help ’n dowe broer om die vrystelling op sy foon af te laai

Dit is die eerste keer dat die Bybelboeke Matteus en Markus in Kubaanse Gebaretaal vertaal is. Een suster het gesê: “Die manier waarop die verslag in Markus 7:32-37 vertaal is toe Jesus die dowe man genees het, het my laat voel asof Jesus my genees het! Dit het my hart diep geraak. Dit is nou vir my makliker om my in te dink hoe die lewe in die nuwe wêreld sal wees. Baie dankie!”

Ons is bly saam met almal wat hierdie geestelike geskenk ontvang het. Ons is oortuig daarvan dat nog baie meer mense wat Kubaanse Gebaretaal gebruik, Jehovah met hulle ‘hele hart, siel en verstand’ sal liefkry. – Markus 12:30..