14 FEBRUARIE 2019
KUBA
Kuba getref deur tornado
Op 27 Januarie 2019 het ’n tornado groot skade veroorsaak aan Havana, die hoofstad van Kuba. Dit is die sterkste tornado wat die eiland in amper 80 jaar getref het. Die sterk winde het soms tot 322 kilometer per uur gewaai. Die tornado het oorstromings veroorsaak en het geboue oor ’n gebied van 11 kilometer beskadig. Ten minste 4 mense is dood en 195 mense is beseer.
Geen broers of susters is beseer of het as gevolg van die storm gesterf nie. Maar 26 huise van ons broers is beskadig, waarvan 3 gebruik word vir gemeentelike vergaderinge. Die organisasie help op die oomblik die broers om hulle huise reg te maak.
Reisende opsieners is besig om hulle mede-aanbidders geestelik te ondersteun wat deur die tornado en die gevolge daarvan geraak is. Ons bid dat Jehovah ons broers en susters vrede sal gee terwyl hulle van hierdie ramp herstel. – Numeri 6:26.