Spring na inhoud

7 JUNIE 2018
KUBA

’n Getuiegesin sterf in ’n vliegtuigongeluk in Kuba

’n Getuiegesin sterf in ’n vliegtuigongeluk in Kuba

Op Vrydag 18 Mei 2018 het ’n Boeing 737-vliegtuig verongeluk kort nadat dit by Havana, Kuba, opgestyg het. Van die 113 mense wat op die vliegtuig was, het net een persoon dit oorleef. Dit is die land se ergste vliegtuigongeluk in baie jare.

Ongelukkig is ’n gesin van drie Getuies van Jehovah (’n pa, ’n ma en ’n 22-jarige seun) in die ongeluk oorlede. ’n Begrafnis is vir die gesin op Saterdag 26 Mei 2018 gehou.

Die vriende en familie van die slagoffers kry emosionele ondersteuning en vertroosting uit die Bybel by die plaaslike ouer manne. Maar die plaaslike owerheid het ook aangebied om te help. Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou ‘om almal wat treur, te vertroos’ gedurende hierdie moeilike tyd. — Jesaja 61:1, 2.