Spring na inhoud

25 JANUARIE 2018
MADAGASKAR

Sikloon Ava tref Madagaskar

Sikloon Ava tref Madagaskar

Madagaskar is besig om te herstel nadat die vernietigende sikloon Ava die land op 5 Januarie 2018 getref het. Amptenare het berig dat ten minste 51 mense dood is en duisende hulle huis moes verlaat.

Volgens die takkantoor in Madagaskar lyk dit asof geen broers in die storm dood is nie. Maar ten minste 45 huise en 6 Koninkryksale is beskadig of vernietig. Die storm het ook landerye vernietig, waarvan die meeste verkondigers in die land afhanklik is. ’n Noodlenigingskomitee is gevorm om te help met die onmiddellike behoeftes van die verkondigers wat geraak is. Dit het kos, klere en tydelike behuising ingesluit. Twee broers van die takkantoor het ook na die rampgebied gegaan en ’n spesiale vergadering gehou met al die gesinne wat deur die sikloon geraak is om hulle geestelik aan te moedig.

Die Bestuursliggaam koördineer die noodlenigingspogings, insluitende die noodlenigingswerk ná hierdie sikloon. Fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is, word hiervoor gebruik. Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ’n veilige hoogte te wees vir ons broers en susters in Madagaskar gedurende hierdie tyd. — Psalm 9:9, 10.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Madagaskar: Rinera Rakotomalala, +261-33-37-012-91

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000