Spring na inhoud

13 JUNIE 2017
MALAWI

Twee kinders van Jehovah se Getuies terug skool toe nadat hulle geskors is vir hulle godsdiensoortuigings

Twee kinders van Jehovah se Getuies terug skool toe nadat hulle geskors is vir hulle godsdiensoortuigings

LILONGWE, Malawi—Op 3 Mei 2017 is twee kinders van Jehovah se Getuies, Aaron Mankhamba (18) en Hastings Mtambalika (15), toegelaat om terug te gaan skool toe. Hulle is uit die Khombe laerskool geskors nadat hulle geweier het om die volkslied by die skool te sing. Die leerlinge is sedert 13 Februarie 2017 verbied om klasse by te woon. Die seuns is toegelaat om terug te gaan skool toe nadat hulle ouers en verteenwoordigers van die takkantoor van Jehovah se Getuies die probleem onder die skoolbeamptes se aandag gebring het.

Dit het baie gehelp dat die takverteenwoordigers gedurende hulle besprekings twee briewe van die Malawiese regering aan die skoolbeamptes kon wys. Een brief wat in 1997 aan Jehovah se Getuies in Malawi gerig is, het hulle amptelik daarvan vrygestel om die volkslied te sing. Die ander brief wat in 2017 gestuur is, het onderwysers aangespoor om leerlinge se godsdiensvryheid te respekteer.

Hastings verduidelik dat hulle net op die regte tyd terug skool toe kon gaan omdat dit amper tyd was vir die nasionale eksamen: “Ons was baie bekommerd dat ons nie die nasionale eksamen sou kon skryf nie. Leerlinge kry net een keer per jaar ’n kans om die eksamen te skryf.” As hulle die nasionale eksamen nie geskryf het nie, sou dit beteken dat hulle dalk die skooljaar moes oordoen.

Augustine Semo, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Malawi, sê: “Die leerlinge is bly dat hulle godsdiensoortuigings gerespekteer is. Ons bedank die skool se administrasie omdat hulle besluit het om godsdiensvryheid ook te respekteer, en die leerlinge toegelaat het om terug te gaan skool toe.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Malawi: Augustine Semo, +265-1-762-111

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000