Spring na inhoud

9 JUNIE 2022
MALEISIË

Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Iban vrygestel

Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Iban vrygestel

Op 5 Junie 2022 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Iban vrygestel. Baie broers en susters het by Koninkryksale bymekaargekom om na die vooraf opgeneemde program te kyk. Ander verkondigers het na die program deur middel van videoverbinding gekyk. Gedrukte kopieë sal in Julie of Augustus 2022 beskikbaar gemaak word.

Terwyl die vertaalspan aan hierdie projek gewerk het, moes hulle die verskille in die Iban-dialekte uit verskillende streke in ag neem. ’n Span mense uit verskillende streke het die teks gelees en dan die vertalers gehelp om woorde te kies wat die meeste mense wat Iban praat, sal verstaan.

Hierdie nuutste vertaling sal verkondigers ook help om Bybelwaarhede akkuraat in hulle bediening te verduidelik. Byvoorbeeld, in die verlede was dit vir verkondigers moeilik om Johannes 4:24 te verduidelik. Dit sê gedeeltelik: “Dié wat hom [God] aanbid, moet met gees en waarheid aanbid.” Ouer Bybels in Iban het die woord “gees” op ’n onakkurate manier vertaal met ’n woord wat “gees van die dooies” beteken. Dit het dit vir belangstellendes moeilik gemaak om te verstaan hoe hulle God moet aanbid.

’n Lid van die vertaalspan het verduidelik hoekom hierdie vertaling so waardevol is en het gesê: “Om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in ons taal te hê, toon duidelik hoe diep Jehovah se liefde teenoor alle mense is.”

Ons bid dat hierdie nuutste Bybelvrystelling selfs meer mense wat Iban praat, sal help om die Bybel beter te verstaan, om nader aan God te kom en om eer op Jehovah se naam te bring. – Psalm 117:1.