Spring na inhoud

Die goeie nuus word in Malta verkondig voor die pandemie

7 FEBRUARIE 2022
MALTA

Jehovah se Getuies wetlik geregistreer in Malta

Jehovah se Getuies wetlik geregistreer in Malta

’n Nuwe regsentiteit wat Jehovah’s Witnesses in Malta (JW-Malta) genoem word, is onlangs as ’n organisasie in die land geregistreer. JW-Malta het op 28 Desember 2021 sy sertifikaat van registrasie vir ’n regspersoon gekry. a

Jehovah se Getuies is al vanaf die 1970’s in Malta. Maar vir baie jare het gemeentes geen of min wetlike erkenning gekry nie. Dit het dit baie moeilik vir gemeentes gemaak om hulle eie eiendom te besit of om selfs ’n bankrekening oop te maak. In 1994 het die Internasionale Bybelstudente-vereniging (IBSA) ’n ongeregistreerde vereniging in Malta geword. Hoewel dit IBSA sekere regte gegee het, was hierdie regte baie beperk. Die onlangse erkenning van JW-Malta maak dit nou vir die plaaslike landskantoor en gemeentes in Malta makliker om effektief te werk.

Broer Joe Magri, ’n lid van die Landskomitee in Malta, het oor die onlangse registrasie gesê: “Dit is geloofversterkend om te sien hoe Jehovah ons pogings geseën het om hierdie wetlike status te kry. Hy het ons geseën met die hulp van ons broers in die Regsafdelings in Brittanje en by die wêreldhoofkwartier om hierdie registrasie moontlik te maak. Ons is so bly dat Koninkryksbelange bevorder word en Jehovah selfs meer geprys word omdat sy naam deel is van die nuwe regsentiteit.”

Die JW-Malta-teken bo die ingang van die landskantoor in Malta

Op die oomblik is daar meer as 800 Getuies in Malta wat in 11 gemeentes dien. Ons is bly dat die werk om “die Koninkryk van God [te] verkondig”, waarmee die apostel Paulus amper 2 000 jaar gelede begin het, vorder ‘sonder dat enigiemand dit keer’. – Handelinge 28:1, 30, 31.

a Volgens die wet sluit ’n “regspersoon” individue, maatskappye en ander organisasies in.