Spring na inhoud

1 NOVEMBER 2019
MEXIKO

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Maja-taal vrygestel

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Maja-taal vrygestel

Vir die 6 500 broers en susters wat Maja praat, was 25 Oktober 2019 ’n opwindende datum. Dit is die datum waarop die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Maja vrygestel is. Broer Esteban Bunn van die Takkomitee in Sentraal-Amerika het die Bybelvertaling gedurende ’n streekbyeenkoms in Mérida, Yucatán, Mexiko, vrygestel. Die program was by die Mérida-Byeenkomssaal gehou en ’n arena in dieselfde stad, die Poliforum Zamná, het by die program ingeskakel. Die vrystelling sal ons broers en susters in die bediening baie help omdat daar sowat 762 000 mense in Mexiko en die Verenigde State is wat Maja praat.

Voorheen was net die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Maja beskikbaar. Hierdie vertaling was op 14 Desember 2012 vrygestel. Van daardie tyd af is daar al amper 29 000 kopieë gedruk.

Een vertaler verduidelik: “Oor die algemeen is die mense wat Maja praat, baie lief vir die Bybel en hulle respekteer dit as ’n gesag. Maar vir baie mense is dit baie keer moeilik om te verstaan wat hulle in hierdie taal lees. So ons het daarop gefokus om woorde te gebruik wat duidelik en verstaanbaar is en wat mense elke dag gebruik.”

Dit was moeilik om die Bybel in Maja te vertaal omdat die taal so baie verskil van gebied tot gebied. Daarom is die titel van hierdie nuwe vertaling baie makliker gemaak, Biblia ich maya, wat “Bybel in Maja” beteken. Daar is ook meer as 6 000 voetnote in die Bybel. Van die voetnote is gebruik om alternatiewe vertalings van die hoofteks te gee sodat al die mense wat Maja lees, sekere gedeeltes akkuraat kan verstaan.

Ons is seker dat hierdie nuwe uitgawe van die Bybel geestelike “voedsel op die regte tyd” is en sal die broers en susters wat Maja praat, baie help in hulle persoonlike studie en in die bediening. – Matteus 24:45.