Spring na inhoud

3 OKTOBER 2019
MEXIKO

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Zapoteeks (Isthmus) vrygestel

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Zapoteeks (Isthmus) vrygestel

Op 27 September 2019 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Zapoteeks (Isthmus) vrygestel. Dit het by ’n streekbyeenkoms in San Blas Atempa, Oaxaca, Mexiko, gebeur. Daar was 1 983 mense wat die streekbyeenkoms bygewoon het, en almal was baie bly om hierdie nuwe Bybel te kry. Broer Joel Izaguirre van die Takkomitee in Sentraal-Amerika het hierdie nuwe vrystelling aangekondig. Hierdie Bybel is die eerste Bybel wat in Zapoteeks (Isthmus) a vertaal is wat die naam van God, Jehovah, bevat.

Vertalers het unieke uitdagings gehad terwyl hulle aan hierdie projek gewerk het. Net nadat die vertalers na hulle vertaalkantoor (RTO) getrek het, het daar optogte en geweld in die gebied uitgebreek. Gewelddadige mense het die ingange tot die stad toegemaak. Die situasie was gevaarlik en het ’n maand lank aangehou, wat voedseltekorte veroorsaak het. Gelukkig het ons broers van nabygeleë dorpies vrugte en groente van hulle plase aan die vertalers geskenk. Op 7 September 2017 het die vertalers voor nog ’n probleem te staan gekom toe ’n aardbewing van 8,2 die stad getref het. Die RTO was so erg beskadig dat dit nie meer veilig was vir enigeen om in te gaan nie. Die takkantoor in Sentraal-Amerika het vinnig gereël dat die vertalers na die takkantoor moes trek. ’n Lid van die Bestuursliggaam het ’n videokonferensie met al die vertalers op die span gehou om hulle geestelik aan te moedig.

Hierdie nuwe vertaling van die Bybel sal definitief baie mense wat Zapoteeks praat, help om ’n “akkurate kennis van die waarheid [te] kry”. – 1 Timoteus 2:3, 4.

a Meer as 85 000 mense in Mexiko praat Zapoteeks (Isthmus). Dit is een van meer as 50 variasies van die inheemse Zapoteekse taal.