Spring na inhoud

Motors wat aan die brand gesteek is gedurende die geweld in Culiacán

8 NOVEMBER 2019
MEXIKO

Een van Jehovah se Getuies sterf gedurende gewelddadige geveg in Culiacán, Mexiko

Een van Jehovah se Getuies sterf gedurende gewelddadige geveg in Culiacán, Mexiko

Op 17 Oktober 2019 het polisiebeamptes en Mexikaanse veiligheidsmagte in ’n skietgeveg betrokke geraak teen swaar gewapende dwelmhandelaars in Culiacán, Sinaloa, Mexiko. Daar bly amper een miljoen mense in die stad. Gedurende die skietgeveg wat ure lank aangehou het, was paaie toegemaak, karre aan die brand gesteek en het gevangenes uit ’n tronk daar naby ontsnap. Beamptes sê dat ten minste 14 mense doodgemaak is. Die takkantoor in Sentraal-Amerika het ongelukkig laat weet dat een van ons broers, Noé Beltrán, een van die mense was wat gesterf het gedurende die geveg.

Noé Beltrán saam met twee van sy kinders

Broer Beltrán ’n 39-jarige pa van drie, was by die werk toe ’n verdwaalde koeël hom getref het. Plaaslike broers en susters en die kringopsiener gee vertroosting en aanmoediging aan sy vrou, Rocío, en hulle kinders deur middel van die Bybel.

Daar is meer as 7 000 verkondigers in 80 gemeentes in Culiacán. Gedurende die geveg het party gemeentes hulle reëlings tydelik verander vir velddiens en die Lewe en Bediening-vergadering. Party broers en suster het van hulle huise af na die Lewe en Bediening-vergadering ingeluister. Kringopsieners is besig met herderswerk om almal te vertroos wat geraak is deur hierdie ontstellende en skielike gewelddadige situasie.

Ons is baie hartseer om te hoor van die tragiese dood van broer Beltrán, en ons bid dat Jehovah sal aanhou om suster Beltrán en hulle kinders te ondersteun. Ons sien uit na die tyd wanneer die aarde gevul sal word met vrede en dat hartseer met “vreugde” vervang sal word. – Markus 5:42.