20 JUNIE 2019
MEXIKO
Monterrey, Mexiko – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
Datum: 7-9 Junie 2019
Plek: BBVA Bancomer-stadion in Monterrey, Mexiko
Programtale: Engels, Mexikaanse Gebaretaal en Spaans
Aantal plekke wat ingeskakel was: 38 in 6 verskillende lande (Costa Rica, Guatemala, Honduras, Mexiko, Nicaragua en Panama)
Bywoningshoogtepunt: 39 099
Aantal gedoop: 393
Aantal internasionale besoekers: 4 682
Genooide takkantore: Argentinië, Brasilië, Colombia, Frankryk, Italië, Japan, Nederland, Paraguay, Peru, Spanje en die Verenigde State
Plaaslike ondervinding: Roberto Valero, ’n verteenwoordiger van die burgemeester van die stad Guadalupe, het Saterdag die byeenkoms besoek. Hy het onder andere gesê: “Ons regering is vasbeslote om te sorg dat die mense altyd vrede en veiligheid geniet. En julle, Jehovah se Getuies, het grootliks daartoe bygedra deur goeie burgers te wees. Die hele stad weet dit.”
Broers en susters verwelkom byeenkomsgangers van ander lande by die Monterrey- Internasionale Lughawe
Internasionale byeenkomsgangers kom by die streekbyeenkoms aan met die pragtige berg Silla in die agtergrond
Broer Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die slottoespraak van die Vrydagsessie
Een van die doopkandidate word Saterdag in een van die vier doopbaddens by die streekbyeenkoms gedoop
Internasionale byeenkomsgangers luister aandagtig na die program
Besoekers wat in die spesiale voltydse diens is, waai die laaste dag van die streekbyeenkoms vir die skare
’n Gesin van Apodaca, Mexiko, hou ’n teken op wat sê: “Ons is lief vir julle”
’n Besoekende byeenkomsganger en ’n plaaslike suster doen velddiens in Monterrey
Byeenkomsgangers van ander lande kyk na ’n dans uit die noordelike deel van Mexiko wat as die Polka Norteña bekend staan
Susters doen ’n volksdans uit die staat Jalisco, Mexiko