Spring na inhoud

17 AUGUSTUS 2020
MEXIKO

Orkaan Hanna tref Mexiko

Orkaan Hanna tref Mexiko

Plek

Die state Tamaulipas en Nuevo León, Mexiko

Ramp

  • Orkaan Hanna, wat uiteindelik ’n tropiese storm geword het, het op 26 Julie 2020 die noordooste van Mexiko getref en wydverspreide oorstromings veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • In die staat Nuevo León moes 14 families hulle huise verlaat as ’n veiligheidsmaatreël

  • In die stad Reynosa, in die staat Tamaulipas, moes 100 verkondigers hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 21 huise is in die staat Nuevo León beskadig

  • 117 huise is in die staat Tamaulipas beskadig

Noodlenigingspogings

  • Die takkantoor in Sentraal-Amerika het ’n Noodlenigingskomitee aangestel

  • Kringopsieners werk saam met gemeentelike ouermanne om te reël dat huise wat oorstroom is, ontsmet en skoongemaak word

  • In die staat Nuevo León kon die meeste broers en susters wat hulle huise moes verlaat, weer teruggaan na hulle huise

  • In die staat Tamaulipas voorsien gemeentes in die gebied kos en klere aan dié wat geraak is

Ons sê dankie vir Jehovah dat nie een van ons broers of susters in hierdie ramp beseer is nie. Die hulp wat al klaar voorsien is, wys dat ons hemelse Vader en sy knegte altyd “’n hulp [is] wat maklik gevind kan word in moeilike tye”. – Psalm 46:1.