Spring na inhoud

20 SEPTEMBER 2017
MEXIKO

Aardbewing van 7,1 tref Sentraal-Mexiko

Aardbewing van 7,1 tref Sentraal-Mexiko

Op 19 September 2017 het ’n aardbewing van 7,1 Sentraal-Mexiko getref en meer as 200 mense is dood. Die volgende inligting kom van die takkantoor in Sentraal-Amerika.

Ongelukkig word daar berig dat een van ons susters in Mexikostad in die aardbewing dood is. ’n Ander suster word nog steeds vermis nadat die gebou waarin sy bly, inmekaargeval het. In die stad Puebla is ’n suster ernstig beseer, en in die staat Mexiko is nog ’n suster as gevolg van haar beserings in die hospitaal opgeneem.

Die takkantoor moes tydelik ontruim word, maar bedrywighede is intussen weer hervat. Niemand is beseer nie, en daar is geen skade aan die struktuur van die geboue nie.

Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid gedurende hierdie moeilike tyd. Ons weet dat Jehovah hulle ondersteun en dat hy bewus is van hulle situasie. — Psalm 31:7.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, +52-555-133-3048