Spring na inhoud

8 SEPTEMBER 2017
MEXIKO

Aardbewing tref Mexiko

Aardbewing tref Mexiko

Op Donderdag 7 September was daar ’n aardbewing van 8,2 in die Stille Oseaan langs die suidelike kus van Mexiko. Dit is die sterkste aardbewing wat Mexiko in die afgelope 100 jaar getref het, en ten minste 45 mense is dood. Ongelukkig het ons berig ontvang dat een van ons broers en twee van ons susters onder diegene is wat hulle lewe verloor het.

Daar word ook berig dat baie van ons broers se huise en ’n hele paar Koninkryksale beskadig of verwoes is. Twee byeenkomssale in die staat Chiapas is ook beskadig. Daar word nog vasgestel hoeveel skade deur die aardbewing aangerig is.

Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid, en ons is vol vertroue dat Jehovah hulle sal vertroos en versterk. — 2 Tessalonisense 2:16, 17.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, +52-555-133-3048