Spring na inhoud

3 JULIE 2014
MEXIKO

Getuies neem deel aan Mexikostad se Boek- en Tydskrif-ekspo vir 2014

Getuies neem deel aan Mexikostad se Boek- en Tydskrif-ekspo vir 2014

MEXIKOSTAD—Jehovah se Getuies was onder 150 uitgewersmaatskappye wat aan die eerste Expo Publica-boekeskou deelgeneem het, wat gereël is deur die Nasionale Kamer van die Mexikaanse Uitgewersnywerheid (CANIEM). Die ekspo, wat vanaf 25 April tot 4 Mei 2014 by die World Trade Center in Mexikostad gehou is, vier die 50ste herdenking van CANIEM. Ongeveer 20 000 mense het dit bygewoon.

Die Getuies het ’n groot verskeidenheid Bybelpublikasies, tydskrifte en video’s uitgestal. Hulle het ook hulle amptelike webwerf, www.pr418.com, geadverteer, waar publikasies in meer as 650 tale afgelaai kan word. Besoekers het meer as 1 600 stukke lektuur by die Getuies geneem, en party het gevra om by hulle huis besoek te word. Soos gewoonlik het Jehovah se Getuies al die lektuur sowel as hulle tuisbybelstudiereëling kosteloos beskikbaar gestel aan diegene wat die ekspo bygewoon het.

Gamaliel Camarillo, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Mexiko, het gesê: “Ons was bly dat so baie mense ons uitstalling by die ekspo besoek het en belangstelling in die Bybel en ons webwerf, jw.org, getoon het. Ons beskou dit as ’n openbare diens om hierdie praktiese hulpmiddele kosteloos beskikbaar te stel aan besige mense wat daarvoor vra. Ons deelname aan die ekspo was ’n reusesukses.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J. R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000