Spring na inhoud

4 NOVEMBER 2015
MEXIKO

Getuies ontvang erkenning vir Bybelonderrigtingswerk in Mexikaanse tronke

Getuies ontvang erkenning vir Bybelonderrigtingswerk in Mexikaanse tronke

MEXIKOSTAD—Amptenare van die staat Baja California, Mexiko, het ’n sertifikaat van waardering aan Jehovah se Getuies oorhandig vir hulle Bybelonderrigtingswerk in staatsgevangenisse. Die dokument is onderteken deur die staat se hoof van openbare veiligheid, Daniel De La Rosa Anaya, en die hoof van die staat se gevangenisdiens, Jesús Héctor Grijalva Tapia.

Die sertifikaat sê: “Die staat, by monde van die hoof van openbare veiligheid, spreek hiermee hulle waardering teenoor Jehovah se Getuies uit vir die uiters waardevolle ondersteuning, toewyding en werk ten behoewe van die mense in Baja California; dit dra by tot die verbetering van die kwaliteit van lewe wat dit vir die gevangenes makliker maak om weer produktiewe lede van die samelewing te word.”

Direkteur van die Sosiale Rehabilitasiesentrum in Mexicali, Jesús Manuel López Moreno.

Jehovah se Getuies besoek gereeld verskeie tronke in Baja California, insluitende een in Mexicali, wat hulle in 1991 begin besoek het nadat ’n gevangene navraag gedoen het. In ’n onderhoud met die Getuies het die direkteur van die Sosiale Rehabilitasiesentrum in Mexicali, Jesús Manuel López Moreno, gesê: “Die feit dat julle hierheen kom en vir die gevangenes omgee, help ons om hulle in staat te stel om te sê: ‘Ons is mense. Ons het eiewaarde omdat ons, wanneer die tyd kom, weer deel sal word van die samelewing en dan moet ons produktief wees.’ . . . Ek is ewig dankbaar vir julle ondersteuning.”

Gamaliel Camarillo, woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Mexiko, sê: “Die vernaamste werk van Jehovah se Getuies is om mense, insluitende gevangenes, te help verstaan wat die Bybel leer. ’n Plaaslike gemeente in Mexicali sê dat ten minste agt persone as Jehovah se Getuies gedoop is terwyl hulle hulle vonnisse uitgedien het in die tronk in Mexicali. Ons glo dat mense uit alle agtergronde ’n geleentheid gegee moet word om by Bybelonderrigting baat te vind.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000