Spring na inhoud

23 OKTOBER 2013
MEXIKO

Dodelike storms teister Mexiko

Dodelike storms teister Mexiko

Van die begin tot die middel van September 2013 het die tropiese storms Ingrid en Manuel swaar reën in Mexiko veroorsaak, wat oorstromings en grondverskuiwings tot gevolg gehad het. Hierdie storms het nie net huise en landerye beskadig nie, maar ook ten minste 80 mense gedood. Een van Jehovah se Getuies is gedurende hierdie ramp beseer. Daarbenewens het padblokkades dit vir meer as 300 Getuies wat ’n streekbyeenkoms in Chilpancingo, in die staat Guerrero, bygewoon het, onmoontlik gemaak om terug te keer huis toe. Hulle het in die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies of in die huise van plaaslike Getuies gebly. Verteenwoordigers van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko werk steeds saam met reisende bedienaars en noodlenigingskomitees wat uit Getuie- ouer manne bestaan, om die onmiddellike behoeftes van die stormslagoffers te evalueer en daarin te voorsien.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Marco Barrera, tel. +52 555 858 0116

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000