Spring na inhoud

22 MEI 2015
MEXIKO

Grootste boekeskou in die Spaanssprekende wêreld nooi Jehovah se Getuies

Grootste boekeskou in die Spaanssprekende wêreld nooi Jehovah se Getuies

MEXIKOSTAD—Jehovah se Getuies is genooi om deel te neem aan Guadalajara se Internasionale Boekeskou, die wêreld se grootste boekeskou vir Spaanssprekende lande en die tweede grootste een in die wêreld naas Frankfurt se Boekeskou in Duitsland. Die geleentheid het plaasgevind in Guadalajara, Mexiko, van 29 November tot 7 Desember 2014, en het meer as 760 000 besoekers gelok.

Meer as 4 000 eksemplare van die tweedelige reeks Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk is aan die publiek versprei.

Tesame met sowat 1 900 uitgewersmaatskappye uit 44 lande het Jehovah se Getuies aan die kulturele geleentheid deelgeneem met behulp van ’n uitstalling wat die aandag gevestig het op die Bybel en Bybelpublikasies, insluitende boeke wat in die spesifieke behoeftes van gesinne, tieners en kinders voorsien.

Gamaliel Camarillo, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Mexiko, sê: “In die vier dae dat ons die uitstalling gehad het, het meer as 10 000 mense dit besoek en het ons byna 29 000 lektuuritems gratis versprei. Maar dit is nie net ons doel om lektuur te versprei nie. Ons tydskrifte en boeke is saamgestel om die aandag te vestig op die Bybel se praktiese raad, wat elke dag miljoene tot voordeel strek.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000