Spring na inhoud

28 NOVEMBER 2014
MEXIKO

Amptenare in Mexiko prys Getuies vir skoonmaakwerk by gemeenskapsportfasiliteit

Amptenare in Mexiko prys Getuies vir skoonmaakwerk by gemeenskapsportfasiliteit

MEXIKOSTAD—Meer as 250 Getuies van Jehovah het aangebied om op 7 Junie 2014 die Baldomero “Melo” Almada-sportfasiliteit ter voorbereiding vir ’n spesiale gemeenskapsgeleentheid te help skoonmaak, wat plaaslike amptenare beweeg het om waardering uit te spreek.

Professor Antonio Cota Márquez, die direkteur van die Munisipale Sportinstituut in Huatabampo, Mexiko, het maande lank na vrywilligers gesoek om die stadion te help skoonmaak voor die inwyding van die nuwe atletiekbaan op 7 Julie 2014 deur die goewerneur. Jehovah se Getuies het gunstig op die direkteur se versoek gereageer en het hom en die fasiliteitskoonmakers gehelp met die nodige verbeterings, insluitende die verwydering van rommel uit die stadion, verfwerk by die basketbalbane en terreininstandhoudingswerk.

Ouditorium, binne die sportfasiliteit, waar die Getuies gratis Bybelonderrigtingsprogramme aanbied.

Direkteur Cota het besluit om die Getuies te kontak omdat hy geweet het hoe hulle omsien na een van die ouditoriums by die sportfasiliteit waar hulle gereeld gratis Bybelonderrigtingsprogramme in Spaans en Mayo hou. Nadat direkteur Cota gesien het hoe die Getuies die fasiliteit skoongemaak en herstel het, het hy in ’n onderhoud gesê: “Ons is bly om onselfsugtige mense te sien wat van hulle tyd daaraan bestee om ons sportfasiliteit skoon te maak.” Hy het later gesê: “Namens ons burgemeester, Ramón Díaz Nieblas, wil ons julle bedank vir die werk wat julle vandag gedoen het. Ons sal aanhou om julle organisasie se gebruik van hierdie fasiliteit te ondersteun. Ons is baie bly oor die verantwoordelike en samewerkende manier waarop julle ons gehelp het.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. + 52 555 133 3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000