Spring na inhoud

15 NOVEMBER 2018
MEXIKO

Mexiko getref deur natuurrampe

Mexiko getref deur natuurrampe

Op 23 Oktober het twee natuurrampe, tropiese storm Vicente en orkaan Willa, Mexiko getref. Vicente het erge oorstromings en modderstortings in Suid-Mexiko veroorsaak en 11 mense is dood. Willa het baie skade aan die Pasifiese kus van Mexiko veroorsaak. Dit het swaar reënval en windsnelhede van 193 kilometer per uur veroorsaak. As gevolg hiervan moes 4 250 mense plekke verlaat wat deur die orkaan getref sou word.

Die takkantoor in Sentraal-Amerika, wat die werk in Mexiko organiseer, het laat weet dat nie een van ons broers of susters dood of beseer is in die storms nie. Maar in die staat Nayarit moes 118 verkondigers hulle huise verlaat en na hoër gebiede vlug. In Sinaloa is een Koninkryksaal en ’n hele paar huise van broers oorstroom. Die huise van vyf Getuie-gesinne in Michoacán is ook oorstroom. Die plaaslike broers en susters het klaar die oorstroomde huise en Koninkryksaal skoongemaak en herstel waar nodig.

Ons bid dat ons broers en susters in Mexiko wat deur hierdie storms geraak is, sal aanhou volhard. Ons almal sien uit na die tyd wanneer daar nie meer natuurrampe sal wees nie. — 2 Korintiërs 6:4.