Spring na inhoud

24 APRIL 2015
MEXIKO

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil word in Mexiko vrygestel

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil word in Mexiko vrygestel

Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, stel die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil vry. Hy dra ’n Jerkil, ’n tradisionele Tzotzilonderbaadjie wat van wol gemaak is.

MEXIKOSTAD—Jehovah se Getuies het die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil vrygestel by ’n byeenkoms wat van 26-28 Desember 2014 in Tuxtla Gutierrez, Chiapas, gehou is. Die “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”-streekbyeenkoms is in Tzotzil, ’n Majataal, aangebied en na ’n ander byeenkomsplek in Comitan, Chiapas, uitgesaai. Al 5 073 wat teenwoordig was, het die Bybel sowel as ses ander nuwe publikasies in Tzotzil ontvang.

’n Woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Mexiko, Gamaliel Camarillo, sê: “Ons is baie opgewonde oor die vrystelling van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tzotzil. Ons sien uit daarna om hierdie vertaling vir ons Tzotzilsprekende bure te gee.”

Tzotzilsprekende Getuies gebruik die pas vrygestelde Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte by die streekbyeenkoms in Chiapas, Mexiko.

Volgens die Sekretariaat van Publieke Onderrig vir Mexiko, word Tzotzil deur meer as 350 000 mense in Baja California, Campeche, Chiapas, Oaxaca en Veracruz gepraat. Om die Bybel se boodskap aan die Tzotzilmense te verkondig, het die Getuies ’n satellietvertaalkantoor in San Cristobal de las Casas, Chiapas, opgerig, waar 15 vertalers in Tzotzil vertaal. In 2002 het die Getuies hulle eerste publikasie in Tzotzil vrygestel. Daar is nou meer as 60 publikasies van Jehovah se Getuies in Tzotzil beskikbaar, wat afgelaai kan word van hulle amptelike webwerf, jw.org.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000