Spring na inhoud

12 SEPTEMBER 2017
MEXIKO

Tropiese storm Lidia tref Mexiko

Tropiese storm Lidia tref Mexiko

Vrydag 1 September is die Baja California-skiereiland in Mexiko deur die tropiese storm Lidia getref. Hoewel die storm teen Saterdag verswak het, het daar omtrent 69 cm reën geval, die swaarste reënval wat sedert 1933 opgeteken is. Ten minste vyf mense is in die storm dood.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexikostad berig dat een Getuie gesterf het toe sy huis toe geloop het en deur vloedwater weggespoel is. Drie ander is ook deur die vloedwater weggespoel, maar hulle is gered. Die storm het ook agt huise erg beskadig. Die familie en plaaslike Getuies sorg vir die slagoffers van die storm.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer noodlenigings-pogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Mexiko: Gamaliel Camarillo, +52-555-133-3048