Spring na inhoud

6 OKTOBER 2022
MOSAMBIEK

Die Nuwe Wêreld-vertaling in Sena vrygestel

Die Nuwe Wêreld-vertaling in Sena vrygestel

Op 2 Oktober 2022 het broer David Amorim, ’n lid van die Takkomitee in Mosambiek, die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Sena vrygestel. a Dit is gedurende ’n vooraf opgeneemde program gedoen, wat baie verkondigers by hulle plaaslike Koninkryksaal gekyk het. Die program is ook op ’n nasionale televisiestasie en 14 radiostasies uitgesaai.

Sena word in Mosambiek gepraat in vier provinsies: Manica, Sofala, Tete en Zambezia. Sena word ook in sekere dele van Malawi gepraat.

Die Sena-vertaalkantoor is in Beira, Mosambiek

Dit is die eerste keer dat Jehovah se Getuies die volledige Nuwe Wêreld-vertaling in ’n inheemse taal van Mosambiek vertaal. Voordat hierdie Bybel vrygestel is, was party dele van die Bybel in Sena beskikbaar, maar dit is duur en gebruik verouderde taal.

Ons is bly saam met ons broers en susters wat Sena praat, vir hierdie spesiale seën van Jehovah. – Spreuke 10:22.

a Die Bybel was beskikbaar in albei digitale en gedrukte formaat.