Spring na inhoud

13 JULIE 2023
MOSAMBIEK

Die boek Matteus in Mosambiekse Gebaretaal vrygestel

Die boek Matteus in Mosambiekse Gebaretaal vrygestel

Op 9 Julie 2023 is die Bybelboek Matteus in Mosambiekse Gebaretaal vrygestel gedurende ’n spesiale vergadering wat in Maputo, Mosambiek, gehou is. Broer Castro Salvado, ’n lid van die Takkomitee in Mosambiek, het die vrystelling aangekondig aan ’n gehoor van 857 mense wat diegene ingesluit het wat deur middel van videoverbinding ingeskakel het. Die vertaling is nou beskikbaar om afgelaai te word van die JW Library Sign Language-app en ook van jw.org.

In 2017 is ’n vertaalspan in Mosambiekse Gebaretaal by die takkantoor in Maputo begin om te voorsien in die behoeftes van die groeiende aantal Getuies van Jehovah in Mosambiek wat doof is. Daar is op die oomblik meer as 344 verkondigers wat in 5 gebaretaal-gemeentes, 12 groepe en 10 tentatiewe groepe dien.

Dit is die eerste Bybelboek wat al ooit in Mosambiekse Gebaretaal vertaal is. Een vertaler het gesê: “Mense in die gebied wat Mosambiekse Gebaretaal gebruik, kon nog nooit die modelgebed in hulle eie taal lees nie. Ek sien uit daarna om Matteus 6:9-13 te gebruik om my Bybelstudente te help om te besef hoe belangrik gebed is.”

Ons is baie bly dat hierdie vrystelling wat nou beskikbaar is, baie meer opregte mense in Mosambiek sal help om oor “die heilige verklarings van God” te leer. – Romeine 3:2.