Spring na inhoud

17 NOVEMBER 2020
MOSAMBIEK

Die boek Matteus vrygestel in Gitonga en Ronga

Die boek Matteus vrygestel in Gitonga en Ronga

Op 14 en 15 November 2020 is Die Bybel – Die evangelie volgens Matteus vrygestel in digitale formaat in Gitonga en Ronga, twee tale wat in die suide van Mosambiek gepraat word. Vir die 524 verkondigers wat Gitonga praat en die 1 911 verkondigers wat Ronga praat, is die vrystelling van hierdie Bybelboek ’n geskenk van Jehovah op net die regte tyd.

Broer Amaro Teixeira, ’n lid van die Takkomitee in Mosambiek, het die vertaling vrygestel gedurende ’n vooraf opgeneemde program wat die verkondigers kon kyk. Ons broers het ook toestemming gekry om die program op ’n nasionale TV-stasie en verskeie plaaslike radiostasies uit te saai. Matteus sal ook beskikbaar wees as ’n boekie met 64 bladsye, aangesien die meeste lesers nie elektroniese toestelle het nie.

Broer Teixeira verduidelik: “Daar is nie baie Bybels of Bybellektuur in hierdie tale beskikbaar nie. Ons is baie bly om Matteus te hê omdat hierdie boek van die Bybel Jesus se geslagsregister en geboorte insluit, asook sy bekende Bergpredikasie en sy opwindende profesie oor die laaste dae.”

Een vertaler sê oor die voordele van hierdie akkurate en maklik verstaanbare vertaling: “Die boek Matteus bevat so baie leringe. Ek kan my goed voorstel hoe lesers trane van waardering sal kry as hulle die Bergpredikasie in die taal van hulle hart lees.”

Kenners sê dat omtrent 224 000 mense Gitonga praat en sowat 423 000 mense Ronga praat. Ons hoop dat hierdie Bybelvertalings baie sal help om “die pad wat na die lewe lei”, te vind. – Matteus 7:14.