9 FEBRUARIE 2021
MOSAMBIEK
Die sikloon Eloise saai verwoesting in Mosambiek
Plek
Die provinsies Gaza, Inhambane, Manica, Sofala en Zambezia
Ramp
Op 23 Januarie 2021 het vyf provinsies in Mosambiek onder sterk winde en swaar reën deurgeloop, en dit het wydverspreide verwoesting veroorsaak
Hoe ons broers en susters geraak is
3 verkondigers het beserings opgedoen
13 verkondigers moes hulle huise verlaat
Skade aan eiendom
9 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
9 Koninkryksale is erg beskadig
3 Koninkryksale is heeltemal vernietig
53 huise is beskadig, maar nie te erg nie
41 huise is erg beskadig
10 huise is heeltemal vernietig
Noodlenigingspogings
Voordat die sikloon die gebied getref het, het die takkantoor in Mosambiek aanbeveel dat alle verkondigers in kwesbare areas hulle huise ontruim en na veilige areas gaan
Die takkantoor het vier Noodlenigingskomitees aangestel om die noodlenigingswerk te koördineer, en dit het tydelike skuiling ingesluit vir dié wat hulle huise moes verlaat
Kringopsieners in die areas wat geraak is, gee praktiese en geestelike ondersteuning aan die verkondigers
Die COVID-19-veiligheidsmaatreëls word gevolg met al die noodlenigingswerk wat gedoen word
Ons sien uit na die tyd wanneer God se Koninkryk ’n einde gaan maak aan rampe en die swaarkry wat daarmee gepaardgaan. – Matteus 6:10.