Spring na inhoud

28 MEI 2019
MOSAMBIEK

Sikloon Kenneth tref Noord-Mosambiek

Sikloon Kenneth tref Noord-Mosambiek

Op 25 April 2019 het sikloon Kenneth Noord-Mosambiek getref. Dit is die tweede sikloon wat die land tref nadat sikloon Idai wydverspreide verwoesting in Maart veroorsaak het. Hierdie onlangse storm het erge oorstromings en grondstortings veroorsaak. Dit het huise vernietig, paaie weggespoel en die lewe in die gebied nog moeiliker gemaak.

Omtrent 300 verkondigers bly in die provinsie Cabo Delgado, maar niemand is dood of beseer in die storm nie. Ongelukkig is 9 van ons broers se huise vernietig en 16 is beskadig. Een Koninkryksaal is ook vernietig en drie is beskadig. Die kringopsiener in die gebied, ’n verteenwoordiger van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie en twee broers van ’n vertaalkantoor kon al die gemeentes wat geraak is, besoek en hulle aanmoedig.

Ons bid vir ons broers terwyl hulle aanhou om op Jehovah te vertrou om hulle te versterk en hulle te help in hierdie moeilike tye. – Psalm 46:1.