Spring na inhoud

Storm Chalane tref die Mosambiekse kus

13 JANUARIE 2021
MOSAMBIEK

Tropiese storm Chalane tref Mosambiek

Tropiese storm Chalane tref Mosambiek

Plek

Die Sofala- en Manica-provinsies in Sentraal-Mosambiek, insluitend gebiede wat in Maart 2019 deur sikloon Idai getref is

Ramp

  • Tropiese storm Chalane het die Mosambiekse kus op 30 Desember 2020 getref. Oorstromings en gevolglike grondstortings het oral baie skade aangerig

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Drie verkondigers het ligte beserings opgedoen

Skade aan eiendom

  • 34 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 12 huise is erg beskadig

  • 16 huise is heeltemal vernietig

  • 7 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

  • 4 Koninkryksale is erg beskadig

  • 1 Koninkryksaal is heeltemal vernietig

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die plaaslike noodlenigingswerk te reël, wat insluit dat tydelike skuilings opgerig word vir verkondigers wie se huise vernietig is. Al die noodlenigingswerk word gereël in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters te help wat deur hierdie onlangse storm geraak is. – Psalm 121:2.