Spring na inhoud

12 SEPTEMBER 2016
NAGORNO-KARABAKH

Artoer Awanesjan kwytgeskeld en uit die tronk vrygelaat

Artoer Awanesjan kwytgeskeld en uit die tronk vrygelaat

Op 6 September 2016 het die owerheid in Nagorno-Karabakh die 20-jarige Artoer Awanesjan uit die Sjoesji-tronk vrygelaat nadat hy van alle aanklagte kwytgeskeld is. Mnr. Awanesjan het 26 maande van ’n 30 maande lange tronkstraf uitgedien nadat hy skuldig bevind is aan ontduiking van militêre diensplig. In werklikheid het hy aansoek gedoen om alternatiewe burgerlike diens te doen, maar die owerheid het sy versoek geïgnoreer. Die jong man is baie bly om weer by sy familie te wees.

Jehovah se Getuies is dankbaar dat mnr. Awanesjan uit die tronk vrygelaat is. Hulle hoop dat die owerheid die reg op gewetensbeswaar sal erken en aan jong mans in Nagorno-Karabakh die geleentheid sal gee om alternatiewe burgerlike diens te doen in plaas van verpligte militêre diensplig.