Spring na inhoud

NAMIBIË

Oorsig van Namibië

Oorsig van Namibië

Jehovah se Getuies is sedert 1929 bedrywig in Namibië. Maar die regering van Suid-Afrika, wat deur die minderheid beheer is en deur die Volkebond se mandaat oor Namibië regeer het, het hulle godsdiensbedrywighede beperk. Van die vroeë 1950’s tot die laat 1970’s is blankes nie deur die owerheid toegelaat om sonder ’n regeringspermit na swart gebiede te gaan nie. Dit het die werk van die sendelinge dus beperk. Gedurende hierdie jare is die Getuies hewig teëgestaan deur godsdiensleiers en die plaaslike owerhede omdat hulle ander van hulle godsdiensoortuigings vertel het.

Op 21 Maart 1990 het Namibië sy onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry. Onder die nuwe grondwet het Jehovah se Getuies meer vryheid in hulle godsdiensbedrywighede verkry. In 2008 is hulle wetlik geregistreer. Jehovah se Getuies in Namibië is dankbaar vir die feit dat hulle hulle godsdiens vryelik kan beoefen.