Spring na inhoud

28 APRIL 2015
NEPAL

Katastrofiese aardbewing tref Nepal

Katastrofiese aardbewing tref Nepal

Op Saterdag 25 April 2015 het ’n aardbewing van 7,8 op die Richterskaal groot verwoesting in Katmandoe, die hoofstad van Nepal, veroorsaak. Etlike naskokke het op die aardbewing gevolg, waarvan party 6,6 op die Richterskaal geregistreer het. Die skade word nog bepaal, maar die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies, in Katmandoe, berig tans dat een Getuie en haar twee kinders tydens die ramp gesterf het. Tientalle Getuies se huise is ook verwoes en baie ander is beskadig. Die plaaslike takkantoor is ook beskadig, maar nie ernstig nie. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Japan werk saam met die takkantoor in Nepal om die noodlenigingspogings te ondersteun.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Japan: Itsjiki Matsoenaga, tel. +81 46 233 0005

Nepal: Reuben Tapalija, tel. +977 9813469616

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000