Spring na inhoud

25 AUGUSTUS 2017
NEPAL

Vloede en grondstortings verwoes Nepal

Vloede en grondstortings verwoes Nepal

Swaar moeson-reëns het vloede en grondstortings in Nepal veroorsaak. Meer as 140 mense is dood en duisende mense moes hulle huise verlaat. Die vloede het hoofpaaie en kraglyne beskadig, wat noodlenigings-pogings moeilik maak.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Japan, wat die bedrywighede van die Getuies in Nepal organiseer, berig dat geen Getuies dood of beseer is nie. Maar ten minste vier Getuie-families moes hulle huise verlaat omdat dit deur die vloedwaters beskadig is. Plaaslike Getuies sorg vir hulle mede-gelowiges wat hulle huise moes verlaat.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Japan: Ichiki Matsunaga, +81-46-233-0005

Nepal: Reuben Thapaliya, +977-9813469616