Spring na inhoud

29 APRIL 2014
NICARAGUA

Aardbewings in Nicaragua

Aardbewings in Nicaragua

Op Maandag 14 April 2014 het ’n aardbewing wat 5,1 op die Richterskaal geregistreer het, die noordweste van Managua, Nicaragua, getref. Dit was die laaste van ’n reeks aardbewings wat die gebied oor vier dae getref het, en waarvan die grootste 6,6 op die Richterskaal geregistreer het. Die Sentraal-Amerikaanse takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko het bevestig dat geen Getuies beseer is nie. Altesaam is 7 huise van die Getuies vernietig, en 21 erg beskadig. ’n Koninkryksaal, ’n plek van aanbidding van Jehovah se Getuies, in die dorp Nagarote is ook erg beskadig. Gevolglik het twee gemeentes van Jehovah se Getuies in die parkeerterrein van die Koninkryksaal bymekaargekom vir die jaarlikse herdenking van Jesus Christus se dood. Meer as 530 mense, waarvan baie nie Getuies was nie, was daardie aand teenwoordig. Die takkantoor voorsien bystand en tydelike skuiling vir medegelowiges wie se huise beskadig is.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Sentraal-Amerika: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000