Spring na inhoud

15 NOVEMBER 2016
NIEU-SEELAND

Nieu-Seeland getref deur verwoestende aardbewing van 7,8 asook honderde naskokke

Nieu-Seeland getref deur verwoestende aardbewing van 7,8 asook honderde naskokke

Net ná middernag op Maandag 14 November 2016 het ’n aardbewing van 7,8 Nieu-Seeland se Suid-eiland getref. Daar word berig dat twee persone in die aardbewing gesterf het. Dit is gevolg deur honderde naskokke, insluitende ’n hele paar van 6,0 of hoër. Die aardbewing het geboue inmekaar laat val, kragtoevoer en telefoonverbindings ontwrig en ook paaie, treinspore, watertoevoer en rioolstelsels beskadig.

Plaaslike ouer manne in Nieu-Seeland en die takkantoor van Jehovah se Getuies in Australië berig dat geen Getuies in die aardbewing beseer is of gesterf het nie. Die Getuies het ’n noodlenigingskomitee in Christchurch georganiseer, wat omtrent 91 kilometer suidwes van die aardbewing se middelpunt af is. Hoewel daar slegs geringe skade aan die Getuies se huise en hulle plekke van aanbidding is, werk die komitee daaraan om in die onmiddellike materiële en geestelike behoeftes van die slagoffers te voorsien.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, in hulle wêreldhoofkwartier in New York, is besig om die situasie te monitor. Wanneer nodig, sal hulle toestemming gee dat die noodlenigingskomitee gebruik maak van fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Australië en Nieu-Seeland: Rodney Spinks, 61-2-9829-5600

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000