Spring na inhoud

’n Gebou wat in die staat Rivers oorstroom het

21 OKTOBER 2022
NIGERIË

“Enorme” ramp as gevolg van verwoestende oorstromings in Nigerië

“Enorme” ramp as gevolg van verwoestende oorstromings in Nigerië

Nigerië ervaar die ergste oorstromings in jare as gevolg van ongewone swaar reënval. Die gebiede wat die meeste geraak is, is naby die suidkus en langs die Niger- en Benue-riviere. Die oorstromings het veroorsaak dat paaie en brûe beskadig is, meer as ’n miljoen mense hulle huise moes verlaat en ongeveer 600 mense hulle lewens verloor het. Die Nasionale Agentskap vir Noodoptrede in Nigerië het die verwoesting as ’n “enorme” ramp beskryf. Die owerhede voorspel dat daar voedseltekorte as gevolg van die wydverspreide verwoesting sal wees.

Hoe ons broers en susters geraak is

    ’n Broer verlaat ’n gebied wat oorstroom het

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 4 074 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 900 huise is op die oomblik oorstroom

  • 180 huise is vernietig

  • 70 Koninkryksale en 1 Byeenkomssaal is oorstroom

Noodlenigingspogings

  • 4 Noodlenigingskomitees is aangestel

  • Verkondigers wat hulle huise moes verlaat, kry kos, ’n tydelike blyplek en ander dinge wat hulle nodig het

  • Plaaslike ouermanne en kringopsieners vertroos dié wat geraak is en gee hulle praktiese hulp

  • Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Ons is dankbaar om te weet dat ten spyte van die kritieke tye waarin ons lewe, Jehovah aanhou om sy volk “in die dag van rampspoed [van ’n] skuilplek” te voorsien, fisies sowel as geestelik. – Psalm 27:5.