9 AUGUSTUS 2023
NIGERIË
Nuwe teokratiese skoolfasiliteite in Nigerië word oopgemaak
Die takkantoor in Nigerië het onlangs twee nuwe teokratiese opleidingsfasiliteite oopgemaak. Die fasiliteite sal meestal gebruik word vir die Skool vir Koninkrykspredikers (SKE). Die eerste klas van die skool in Uli, Nigerië, het in Februarie 2023 begin, en die fasiliteit in Ibadan, Nigerië, se eerste klas het op 2 Junie 2023 begin. Die Skool vir Kringopsieners en hulle Vrouens sal ook by albei plekke gehou word.
Albei fasiliteite is gebou op eiendomme waar daar alreeds ’n Byeenkomssaal is, en albei het ’n klaskamer, ’n biblioteek en leefareas vir die studente. Elke jaar doen meer as 500 broers en susters in Nigerië aansoek vir SKE. So daar word verwag dat vier klasse elke jaar by albei fasiliteite gehou sal word. Die klasse sal in Engels, Ibo, Pidgin (Wes-Afrika) en Joroeba gehou word.
’n Groep studente wat onlangs SKE in Uli bygewoon het, het ’n brief geskryf waarin hulle hulle dankbaarheid vir die skool uitgespreek het. Hulle het gesê hoe vreedsaam en gemaklik die fasiliteit is: “Die stil omgewing en die gemaklike slaapkamers het dit maklik gemaak om te konsentreer op dit wat ons geleer het en om dit te geniet om by die skool te wees. Die broers en susters wat na die eiendom omsien en ook die ander vrywilligers het hard gewerk om in ons behoeftes te voorsien. En hulle het ons baie geliefd laat voel.”
Ons is seker dat hierdie nuwe opleidingsfasiliteite ons broers en susters in Nigerië sal help om hulle “bediening ten volle uit [te] voer”. – 2 Timoteus 4:5.