Spring na inhoud

23 OKTOBER 2018
NIGERIË

Swaar reën veroorsaak erge oorstromings in Nigerië

Swaar reën veroorsaak erge oorstromings in Nigerië

Swaar seisoenreën het erge oorstromings in die sentrale en suidelike deel van Nigerië veroorsaak. Die watervlak van die Benue- en Niger-rivier, die twee hoof-waterweë in die land, het so gestyg dat die riviere oorstroom het. Daarom moes duisende mense hulle huise verlaat en is 100 mense dood.

Daar is laat weet dat nie een van ons broers en susters dood of beseer is nie. Maar die oorstromings het veroorsaak dat ten minste 2 000 verkondigers hulle huise moes verlaat, en meer as 1 000 van hierdie verkondigers het hulp nodig. Die meerderheid van die verkondigers wat gevlug het, bly by mede-Getuies wat in gebiede woon wat nie deur die oorstromings geraak is nie.

’n Noodlenigingskomitee is gevorm om die werk te organiseer en om geestelike aanmoediging te gee. Twee lede van die Takkomitee in Nigerië saam met die plaaslike kringopsiener en broers wat in die Diensafdeling en die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie werk, het die verkondigers wat geraak is, besoek om hulle te ondersteun.

Ten spyte van die uitdagings wat veroorsaak is deur hierdie ramp, sal ons hemelse Vader, Jehovah, altyd ’n “vesting in die tyd van benoudheid” wees. — Psalm 37:39.