Spring na inhoud

4 AUGUSTUS 2017
NIGERIË

Swaar reëns in Nigerië

Swaar reëns in Nigerië

Baie swaar reëns in die suidweste van Nigerië vanaf 6 tot 12 Julie het vloede in die state Lagos, Niger en Oyo veroorsaak. Volgens nuusberigte het ten minste 18 mense gesterf.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Nigerië het bevestig dat nie een van Jehovah se Getuies beseer is of gesterf het gedurende hierdie ramp nie, maar vier Getuies moes elkeen hulle huis verlaat. Twee Getuies se huise is ook beskadig en nog een is heeltemal verwoes. Getuies in Nigerië gee noodleniging aan hulle mede-aanbidders sowel as hulle bure wat nie Getuies is nie en waarvan party hulle huise verloor het.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Nigerië: Paul Andrew, +234-7080-662-020