Spring na inhoud

18 JANUARIE 2023
NOORD-MASEDONIË

Bybelboek Matteus vrygestel in Romani (Masedonië)

Bybelboek Matteus vrygestel in Romani (Masedonië)

Op 8 Januarie 2023 het broer Daniel Jowanowic, ’n lid van die Takkomitee in Noord-Masedonië, Die Bybel – Die goeie nuus volgens Matteus in die taal Romani (Masedonië) in Cyrilliese en Romeinse skrif vrygestel.

Die Bybelboek is vrygestel by ’n spesiale geleentheid wat in persoon in Skopje, Noord-Masedonië, gehou is. Alle Romani (Masedonië)-gemeentes en -groepe in die gebied van die takkantoor in Sentraal-Europa was genooi om by die program in te skakel deur middel van JW Stream–Studio. Onmiddellik ná die vrystelling kon die Bybelboek in digitale en oudio-formaat afgelaai word. Diegene wat die geleentheid in persoon bygewoon het, het ook ’n gedrukte kopie van die Bybelboek in Cyrilliese skrif gekry.

Die groep Romani-tale is uiteenlopend en sluit verskillende vorme en dialekte in. a Jehovah se Getuies het in 2007 begin om ons publikasies in Romani (Masedonië) te vertaal. Op die oomblik werk die vertaalspan by die takkantoor in Skopje, waar die grootste aantal mense wat Romani (Masedonië) praat, in Noord-Masedonië woon.

Die Romani (Masedonië)-vertaalspan werk by die takkantoor in Noord-Masedonië wat in Skopje is

’n Broer vertel: “Wanneer ek hierdie vertaling in my eie taal lees, voel dit asof Jehovah met my persoonlik praat.”

’n Ander broer sê: “Wanneer ek nou die Bybelboek Matteus lees, kry ek dadelik ’n prentjie in my kop van wat Jesus vir sy luisteraars gesê het.”

Ons bid dat ons broers en susters hierdie nuwe vrystelling goed kan gebruik om aan te hou om “die goeie nuus van die Koninkryk [te] verkondig”. – Matteus 9:35.

a Sien die artikel “Die Roma—duisend jaar van vreugde en smart”.