Spring na inhoud

18 NOVEMBER 2019
NOORD-MASEDONIË

“Kom oor na Masedonië” vir ’n spesiale predikingskampanje

“Kom oor na Masedonië” vir ’n spesiale predikingskampanje

Die takkantoor in Noord-Masedonië het ’n spesiale predikingskampanje vir 1 Augustus tot 31 Oktober 2019 gereël. Hierdie kampanje is gereël om mense in die takkantoor se gebied wat Albanees of Masedonies praat, met die Bybel se boodskap te bereik.

In Noord-Masedonië is daar meer as 1,3 miljoen mense wat Masedonies praat en meer as ’n halfmiljoen mense wat Albanees praat. Maar van die 1 300 verkondigers in die land is daar omtrent 1 000 verkondigers wat in die Masedoniese veld dien en net 20 verkondigers wat in die Albanese veld help. Daar het 476 vrywilligers na Noord-Masedonië gekom om die plaaslike verkondigers in die bediening te help. Die vrywilligers het van sewe lande gekom: Albanië, België, Duitsland, Italië, Oostenryk, Swede en Switserland.

Die Leer Bybel-boek in Masedonies wat die man tien jaar gelede gekry het

Gedurende die kampanje het een van ons broers ’n man langs die pad ontmoet wat bokke oppas. Toe die man besef dat hy met een van Jehovah se Getuies praat, het hy ’n kopie van die Leer Bybel-boek uit sy sak uitgehaal en vir die broer gewys. Hy het verduidelik dat hy die boek tien jaar gelede by Getuies van Italië gekry het wat hom gedurende ’n spesiale predikingskampanje besoek het. Hy het toe gesê dat hy die Leer Bybel-boek elke dag lees en dat hy selfs van die hoofstukke uit sy kop ken. Die broers het gereël om hom weer te besoek.

Die groot hoeveelheid ondersteuning van die broers en susters wat Masedonies en Albanees praat, herinner ons aan Paulus se gewilligheid om sy toewysing te aanvaar om oor te “kom . . . na Masedonië”. – Handelinge 16:9.